Listing your business at Kemptalk.com costs only R480 per year!

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y


Directory

OUR BIRDLIFE

Blackeyed Bulbul / Swartoogtiptol

Birch Acres Mica
Gas filling, Glass cut to size, Timber cut to size, Plumbing, Deliveries, Hobby craft, Key cutting, Paint tinting, Steel merchant, Power tools, Garden products, Electrical

Sê wie?
Dana Snyman - Apr 07 2008

Hallo? Is ek nou by die radio? By RSG? By Sê Wie?

Kan ek met Niekie van den Berg praat, ’seblief?

O, hallo, Niekie. ’Skuus, man. Ek dog eers dis iemand anders. Dis Anoniem hier – Anoniem van Volksrust. Maskas, ’n mens sukkel darem om deur te kom na jou toe.

Man, ou Niekie, ek sit nou hier en luister hoe praat julle oor die misdaad en die dinge, toe dog ek ek bel ook maar.

Die probleem is hier is nie meer respek vir lewe in hierdie land nie, ou Niekie – geen respek vir lewe nie. Dis hoekom dit so hier gaan. Dis hoekom. Hulle skiet jou dood vir ’n selfoon.

’n Mens se lewe is niks meer werd nie. Nou probeer die regering ons boonop ontwapen. Kom ek sê jou: Hierdie nuwe wapenwet is als ’n poging om ons te ontwapen. Hulle wil ons wapens hê.

Ek hoor jy gaan een van die dae selfs ’n liksens vir ’n windbuks moet hê.

Jirder, ou Niekie, ek en jy het met windbukse grootgeword, man. Jy’s sommer nog so ’n kannetjie, dan gee jou pa vir jou vyf koeëltjies; en vir elke dooie muisvoël of mossie wat jy vir hom bring, gee hy jou nog vyf koeëls. Onthou jy?

Nee, ou maat, ek sal nie my wapens laat vat nie, want kom ek sê jou – kom ek sê jou nou hier vandag: As hy in die aand by my huis inkom, skiet ek hom. Vrek. Of ek sit my twee rottweilers op hom.

Oe, ou Niekie, ek is so lief vir daai twee honde van my. Hulle is soos my kinders, daai twee honde. Hulle sal niemand by my en my familie toelaat nie.

Hulle praat so van menseregte, maar waar’s my menseregte, ou Niekie?

Maar dis die jonges. Dis die jonges. Dis hulle wat so loop en moor en roof en verkrag.

Ek praat met hierdie een wat in my kombuis werk.

Sy sê vir my: “Baas, die kinders luister nie meer vir ons nie, hulle maak sos hulle wil.”

Daar is nie meer dissipline nie, ou Niekie. Daar is nie meer trots nie.

Dis hoekom: My kinders gaan nie hier bly nie. My seun sit klaar in Londen – al vir agttien maande. Hy werk in ’n hotel daar. Hy sê vir my: “Pa, hier in Londen hoef jy oor niks te worry nie. Als is hier. Als werk.”

Maar dis Afrika, ou Niekie. Almal hier wil net hê, hê, hê.

Hoe sing ons? Ons sal offer wat jy vra, ons vir jou, Suid-Afrika. Maar niemand wil dit meer doen nie, ou maat. Niemand wil meer opoffer nie.

Kyk net wat gebeur met Afrikaans op die oomblik. Hulle is besig om hom uit die skole uit te werk. Daarom het ek my dogter in ’n Engelse skool gesit. Ek laat haar liewer nou in Engels leer, lat sy darem ’n toekoms het, want hulle is besig om met ons te maak wat die Engelse met ons in die Boere-oorlog gemaak het. Hulle wil ons weg hê.

Hel, ou Niekie, onthou jy nog hoe het ons soggens deur die ryp skool toe gestap, kaalvoet, net in jou ou kortbroekie en jou ou hempie, met jou ou tassie? En dan is daai voete van jou ge-ys, man. Dan loop druk jy hulle in ’n nat bol beesmis daar in die koeikamp langs die skool, net om jou tone weer warm te kry.

Ek het my eerste langbroek eers in standerd 8 gekry. Ek het nie van ice-creams e n sulke goed geweet nie. Vakansies het ek op die plaas gewerk. Ons was arm.

Hierdie kinders van vandag ken dit nie meer nie. Nee, jong, dit bedel net. Jy kan nêrens meer uit jou kar klim nie, dan staan daar ’n vuil kind: “Two rand, Master, please. Two rand. I’m hungry.”

Maar dis die regering se skuld, ou Niekie. Hulle skep nie vir die mense werk nie.

Ek klim laas week uit my bakkie hier by Pick n Pay, en toe’s daar weer een van hierdie karwagte, hierdie car guards. Hel, die ou is gehawend, man. Hy’s maer en hy’t nog ’n kruk ook, want die een voet is kruppel. En hy noem my “oom”. Hulle oom jou mos almal, al is hulle ouer as jy.

“Kan’k ’n ogie oor oom se kar hou?” vra hy. “?’Seblief, oom?”

Jirder, ou Niekie, my maat, maar waar verloor ek dit.

Ek sê vir hom: Kyk hier, vriend, ek betaal meer as R1 000 versekering per maand op hierdie kar. Ek het ’n Tracker-system laat install. Ek het ’n gear lock , ’n immobiliser en ’n literkan vol flippen pepper spray onder die seat ; en hier kom jy, en jy vra: Kan ek ’n ogie oor die kar hou? ’n Satelliet hou hierdie kar uit die buitenste ruim dop, vriend. Helikopters gaan opstyg wanneer hulle hom steel.

En jy wil ’n ogie oor hom hou. Wat gaan jy in elk geval maak as hier ’n dief met ’n AK 47 kom? Gaan jy hom met jou kruk slaat? Huh?

Ai, ou Niekie, en toe gaan die ou se onderlip aan die bewe. Dit lyk of hy wil huil. Hy druk sy ou vuil hand by sy ou vuil hempsak in en hy haal iets uit – ’n traktaatjie.

Hy hou die traktaatjie na my toe, en hy vra: “Is oom ’n Christen, oom?”

Kan jy dit glo, ou Niekie. Kan jy glo hierdie ou vra vir my of ek ’n Christen is?

Natuurlik is ek ’n Christen.

Hallo? Hallo? Niekie, is jy nog daar. Hallo?

Niekie, praat met my! Niekie! Niekie!