Listing your business at Kemptalk.com costs only R480 per year!

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y


Directory

PrintAfford
PrintAfford cc is the number one choice for the printing of all your business forms, carbonless books, letterheads, business cards, pamphlets and other statio

 

Vyftig Rand is Vyftig Rand

Piet en Anna gaan elke jaar na Garies se landbouskou toe.

Elke jaar vra Piet: "Anna, ek wil bietjie in daai helikopter vlieg."

En elke jaar antwoord Anna: "Jong, Piet, daai helikoptervlug kos vyftig rand. En vyftig rand is vyftig rand!"

Een jaar is Piet en Anna weer by die skou en Piet sê weer: "Jong, Anna, vandag is ek 71 jaar oud. As ek nie nou op daardie helikopter klim nie, dan kan ek maar vergeet."

Anna antwoord: "Jong Piet, daai helikoptervlug kos vyftig rand. En vyftig rand is vyftig rand!"

Die helikoptervlieënier hoor toevallig die gesprek, en siende dat dit ‘n stillerige dag was, besluit hy om ‘n bietjie pret te hê.

"Ek sê julle wat. Ek neem julle altwee vir 'n rytjie. As julle vir die hele vlug stilbly, dan is die vlug verniet. So nie, dan betaal julle vyftig rand."

Piet en Anna stem dadelik in, en daar klim hulle in die helikopter.

Die vlieënier styg op en doen alle soort rolle, duike, draaie en ander kaperjolle. Nie ‘n woord word gerep nie. Hy herhaal toe weer die hele proses, net erger, soseer dat hy homself bang maak. Maar nog altyd geen woord nie.

Toe hulle uiteindelik land, draai die loods na Piet en sê: "Genade! So iets het ek nog nie gesien nie! Ek het tot myself bang gevlieg, maar julle twee het niks gesê nie!"

Piet antwoord: "Ek wou so graag iets gesê het toe Anna uitgeneuk het, maar vyftig rand is vyftig rand!"