Listing your business at Kemptalk.com costs only R480 per year!

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y


Directory

OUR BIRDLIFE

Bokmakierie

Irena's Swim School
We want your children to have a happy swimming experience with us, and for you to have peace of mind.

Hytec Engineering
Hytec Engineering undertakes the complete in-house design, manufacture, repair and testing of hydraulic cylinders.

 

 

Maar die hart klop mos anderkant taal
Dana Snyman - Des 20 2007

Toe klap die Engelse vrou wraggies vir oom Drikus. Kwa! Oor die wang lat die rooi haal daar sit. En eintlik wou oom Drikus net vir haar sê sy moet haar kant skoon hou.

Ek was nie by nie. Neels het my net anderdag die storie in die Paternoster-hotel se kroeg vertel. Dis ook waar die Engelse vrou vir oom Drikus geklap het: in daardie klein, hoekige kroegie, met al die goed teen die dak en mure: pette, hemde, ’n enkele rugbytok, ’n kruk, ensovoorts, ensovoorts – en ook, wel, vrouebroekies.

Oom Johan Carosini, die hotel se eienaar, vra glo sommer vir die couples wat daar kom honeymoon, hou vir my die broekies.

Nietemin. Hulle sit een aand in die kroeg, vertel Neels. Hier storm ’n vrou in. Hare deurmekaar. Gesig vol maskara-sleepsels. Dis duidelik sy het gehuil.

Sy kyk so, die vrou, en loop sak langs oom Drikus neer, met haar sigarette en goue lighter.

Hy dink, sê Neels, oom Drikus het vir haar die veiligste gelyk, want dit was ook al laat en hulle sit nie stil nie. In die Paternoster-hotel se kroeg sit jy nie maklik stil nie.

Die vrou, die een met die maskara en die trane wat langs oom Drikus loop sit het, bestel toe ’n Gin & Tonic. Gee and Tee. Single. With lots of ice and a slice of lemon, please.

Hulle kon sommer dadelik sien, sê Neels, die vrou is swaar Engels – boonop swaar Engels van die Kaap af, een van daai wat met die Mini Coopers ry en wie se donkerbril altyd op die voorkop rus. Nie die soort wat oom Johan sou vra vir haar broekie nie.

Jy kan sulke goed sommer sien, sê Neels. Jy weet net. Maar die hart klop mos maar anderkant taal. Nie lank nie, toe begin die Engelse vrou met oom Drikus praat. In Engels, natuurlik.

En oom Drikus sit maar daar en luister na haar in Afrikaans – sy beste Afrikaans, want die vrou is mooi. Hul Engels is mos maar benard op die Weskus, sê Neels. Eintlik gebruik hulle Engels net as selfverdediging.

Nietemin. Die Engelse vrou ryg die bitter woorde uit en oom Drikus luister. Of nee, die hele kroeg, almal, luister, sê Neels. Hy wat Neels is. Oom Johan, oom Bennie, Rooies – die gewone klomp. So ongemerk as moontlik luister hulle, want hulle sit nie stil nie.

Die Engelse vrou se storie was maar die ou-ou storie. Liefde. Love. Meer spesifiek: Liefde wat skeef draai.

Het jy al ’n Penn 49-viskatrol gesien wat ’n kraaines kry, vra Neels.

Ja, sê ek.

Nou, ja, sê hy. Sulke liefde.

Maar oom Drikus is ordentlik en vaderlik en hy luister na die Engelse vrou. Sy en die boyfriend het glo van die Kaap af Paternoster toe gekom om aan die verhouding te werk.

Maar toe gaan hulle weer aan die twis. Nou stap die boy­friend op die strand rond en skop na skulpe en sy sit in die kroeg en uitpak oor guilt feelings en emotional hijacking en not in touch with his feminine side. Vreeslik.

Maar oom Drikus luister, sê Neels. Hy luister na haar.

En, ja, oom Drikus is ’n wyse man, sê Neels, want nadat hy mooi na die vrou geluister het, toe gee hy haar raad – goeie-goeie raad. In sy beste Engels.

Lady, all I can say to you is, sê oom Drikus toe vir haar, just keep jou kant clean.
 


The Platters
"The great pretender"