Listing your business at Kemptalk.com costs only R480 per year!

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y


Directory

 

Boeremusiekgilde
www.boeremusiekgilde.co.za
 

Die GILDE is ‘n NIE-WINSGEWENDE, NIE-POLITIEKE KULTUUR-ORGANISASIE wat ten doel het die behoud, bevordering en uitbouing van Tradisionele – en  Eietydse Boeremusiek, waarby ingesluit is ligte Afrikaanse Musiek in die ritmiese idioom.

Ten einde dié doel te verwesenlik word die volgende oogmerke daargestel:
Die werf van lede vir die GILDE;
Die verspreiding van Boeremusiekplate, - kassette – skywe en videos;
Die daarstelling van werkwinkels om beginnermusikante te onderrig;
Om konserte, feeste, byeenkomste en gesellighede waar Boeremusiek die aantrekkingskrag is, aan te bied en aan te moedig;
Om Boeremusiek in al sy vorms daadwerklik te bevorder;
Om die jeug te betrek ten einde belangstelling in Boeremusiek by hulle te wek, te kweek en te bevorder;
Om Boeremusiek-uitsendings oor die Radio en TV te bewerkstellig;
Om fondse in te samel by wyse van borgskappe of ander wettige metodes ten einde uitvoering aan die oogmerke van die GILDE te gee;
Om as adviesliggaam  te dien vir die media, platebedryf en ondersteuners van Boeremusiek en sal deur die Hoofbestuur behartig word.

Die Boeremusiekgilde is gestig op 9 Oktober 1989 en vier tans hulle 21-jarige bestaansjaar.  

Daar is 19 takke landswyd wat onder 2 streke sorteer met die Oranjerivier as die skeidslyn.  In die Noordstreek is daar 14 takke  en in die Suidstreek 5 takke, met altesaam meer as 2000 lede.

Die Bestuur is tans soos volg:
Willie Mynhardt - Nasional Voorsitter, Tel: , Sel:
Frans Joubert – Onder Voorsitter
Sandra Mynhardt – Sekretaris
Peet Slabbert – Tesourier
Wessel Potgieter – Noordstreek Voorsitter, Tel: 011 976-1644, Sel:
Louis Hurter – Suidstreek Voorsitter